
Miljoene Bybels word elke jaar verkoop of weggegee. Dit is die gewildste
boek ter wêreld, maar word dieselfdetyd ook die verkeerdste begryp! Vir
baie is dit moeilik om te verstaan, maar tog gee die Bybel self sleutels
hoe om dit te verstaan!
Die Bybel is die wêreld se beste verkoopste boek ... nog, ondanks die gewildheid van die Bybel, is dit ook beskryf as die boek wat die meeste verkeerd verstaan word.
Was u een van diegene wat dit moeilik gevind het om die Bybel te verstaan? Wens u dat u geweet het hoe om die tydlose beginsels beter toe te pas, hoe om dit te gebruik om 'n regte verhouding met die outeur, u Skepper, te bou?
Hierdie studiegids sal sewe sleutels ondersoek wat u kan help om die belangrike boek te verstaan.