Geloofsverklaring
Ons kan die oorsprong van die Kerk teruglei na die Kerk wat Jesus in die vroeë eerste eeu gestig het. Ons volg dieselfde leerstellings, geloofstellings en praktyke wat destyds vasgestel is. Ons opdrag is om die evangelie van die komende Koninkryk van God aan die hele wêreld as getuie te verkondig en om alle nasies te leer om wat Christus beveel het te onderhou. (Matteus 24:14; Matteus 28:19, Matteus 28:20).
Lees die publikasie Fundamental Beliefs of the United Church of God vir 'n meer gedetailleerde uiteensetting van ons oortuigings.
God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees
Ons glo in een God, die Vader, die ewigdurende, wat 'n Gees is, 'n persoonlike Wese van die hoogste intelligensie, kennis, liefde, geregtigheid, mag en gesag. Hy is, deur Jesus Christus, die Skepper van die die hemel en die aarde en alles wat daarin is. Hy is die Bron van die lewe en die Een vir wie die menslike lewe bestaan. Ons glo in een Here, Jesus Christus van Nasaret, wat die Woord is en wat ewig bestaan het. Ons glo dat Hy die Messias, die Christus, die goddelike Seun van die lewende God is, verwek uit die Heilige Gees, gebore in menslike vlees van die maagd Maria. Ons glo dat dit deur Hom is dat God alle dinge geskep het, en dat sonder Hom niks ontstaan het wat nie geskape is nie. Ons glo in die Heilige Gees as die Gees van God en van Christus. Die Heilige Gees is die krag van God en die Gees van die ewige lewe (2 Timoteus 1:7; Efesiërs 4:6; 1 Korintiërs 8:6; Johannes 1:1-4; Kolossense 1:16).
Die Woord van God
Ons glo dat die Skrif, beide die Ou- sowel as die Nuwe Testament, God se openbaring en Sy volkome wil vir die mensdom is. Die Skrif is geïnspireer in denke en woord, onfeilbaar in die oorspronklike geskrifte; dit is die opperste en finale gesag in geloof en in die lewe; en is die fondament van alle waarheid (2 Timoteus 3:16; 2 Petrus 1: 20-21; Johannes 10:35; 17:17).
Satan die Duiwel
Ons glo dat Satan 'n geestelike wese is wat die teëstander van God en die kinders van God is; Satan het die heerskappy gekry oor die wêreld vir 'n spesifieke tyd; Satan het die mensdom verlei om God en Sy wet te verwerp; Satan regeer deur misleiding met behulp van ’n leër van demone, opstandige engele, geestelike wesens, wat Satan in sy rebellie gevolg het;(Matteus 4:1-11; Lukas 8:12; 2 Timoteus 2:26; Johannes 12:31; 16:11; Openbaring 12:4, 9; 20:1-3, 7, 10; Levitikus 16:21-22; 2 Korintiërs 4:4; 11:14; Efesiërs 2:2).
DieMensdom
Ons glo dat die mensdom geskape is na die beeld van God met die potensiaal om kinders van God te word, deelgenote van die goddelike natuur. God het die mensdom van vlees gevorm, wat stoflik is. Menslike wesens leef deur die asem van die lewe, is sterflik, onderhewig aan korrupsie en verval, sonder die ewige lewe, behalwe as die gawe van God onder God se voorwaardes soos in die Bybel uiteen gesit. Ons glo God het vir Adam en Eva die keuse van die ewige lewe gegee deur gehoorsaamheid aan God, of die dood deur sonde. Adam en Eva het toegegee aan versoeking en ongehoorsaamheid aan God. As gevolg hiervan het sonde die wêreld binnegekom en, deur sonde, die dood. Die dood heers nou oor die ganse mensdom omdat almal gesondig het (Genesis 1:26; 2 Petrus 1:4; Hebreërs 9:27; 1 Korintiërs) 15:22; Romeine 5:12; 6:23).
God se Wet en Sonde
Ons glo dat die mensdom geskape is na die beeld van God met die potensiaal om kinders van God te word, deelgenote van die goddelike natuur. God het die mensdom van vlees gevorm, wat stoflik is. Menslike wesens leef deur die asem van die lewe, is sterflik, onderhewig aan korrupsie en verval, sonder die ewige lewe, behalwe as die gawe van God onder God se voorwaardes soos in die Bybel uiteen gesit. Ons glo God het vir Adam en Eva die keuse van die ewige lewe gegee deur gehoorsaamheid aan God, of die dood deur sonde. Adam en Eva het toegegee aan versoeking en ongehoorsaamheid aan God. As gevolg hiervan het sonde die wêreld binnegekom en, deur sonde, die dood. Die dood heers nou oor die ganse mensdom omdat almal gesondig het (Genesis 1:26;2 Petrus 1:4; Hebreërs 9:27; 1 Korintiërs) 15:22; Romeine 5:12; 6:23).
Die Offer van Jesus Christus
Ons glo dat God so lief was vir die wêreld van hulpelose sondaars dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, wat, hoewel Hy in alle opsigte getempteer was soos ons, versoek was, en sonder sonde in die menslike vlees geleef het. Daardie Seun, Jesus Christus, het gesterf as ’n offer vir die sondes van die mensdom. Sy lewe, omdat Hy die Skepper van die ganse mensdom is, is van groter waarde as die somtotaal van die hele menselewe. Sy dood is dus voldoende om die straf vir elke mens se sondes te betaal. Met die betaling van hierdie boete het Hy dit volgens God se plan dit moontlik gemaak vir elke persoon en vir die mensdom as 'n geheel, om ons sondes te vergewe en vrygestel te word van die doodstraf (Hebreërs 4:15; 9:15; 10:12; Johannes 1:18; 3:16; Kolossense 1:16-17, 22; 1 Johannes 2:2; 4:10; Efesiërs 1:11; Openbaring 13:8).
Drie Dae en Drie Nagte
Ons glo dat die Vader Jesus Christus uit die dood opgewek het nadat Sy liggaam vir drie dae en drie nagte in die graf gelê het en sodoende onsterflikheid moontlik gemaak het vir die sterflike mens. Hy het daarna opgevaar na die hemel, waar Hy nou aan die regterhand van God die Vader sit as ons Hoëpriester en Advokaat (1 Petrus 1:17-21; 3:22; Matteus 12:40; 1 Korintiërs 15:53; 2 Timoteus 1:10; Johannes 20:17; Hebreërs 8:1; 12:2).
Bekering en Geloof
Ons glo dat almal wat van hul sondes in volle oorgawe bekeer en deur gewillige gehoorsaamheid aan God bekeer en wat deur geloof Jesus aanvaar as hul persoonlike Verlosser, van hulle sondes vergewe word deur 'n goddelike daad van genade. Sulke individue is geregverdig en vergewe van die straf van die sonde en ontvang die gawe van die Heilige Gees, wat letterlik binne hulle bly en die goddelike liefde voorsien wat alleenlik die wet kan uitvoer en geregtigheid voortbring. Hulle word deur die Gees gedoop in die Liggaam van Christus, wat die ware Kerk van God is. Ons glo in ’n ware verandering in die lewe en gesindheid. Slegs diegene wat die inwonende teenwoordigheid van, en gelei word deur die Heilige Gees, is Christus s'n (Handelinge 2:38; 3:19; 5:29-32; 2 Korintiërs 7:10; Johannes 3:16; Efesiërs 1:7; 2:7- 9; Romeine 3:21-26; 5: 5; 6:6; 8:4, 9-10, 14; 13:10; Jeremia 33:8; Johannes 14:16-17; 1 Korintiërs 12:12-13; Filippense 2:3-5).
Waterdoop en die Handoplegging
Ons glo in die verordening van waterdoop deur onderdompeling na bekering. Deur handeoplegging, met gebed, ontvang die gelowige die Heilige Gees en word dan deel van die geestelike Liggaam van Jesus Christus (Matteus 3:13, 16; Johannes 3:23; Handelinge 2:38; 8: 14-17; 19:5-6; 1 Korintiërs 12:13).
Die Sabbatdag
Ons glo dat die sewende dag van die week die Sabbat dag is van die Here onse God. Op hierdie dag word ons beveel om te rus van ons werk en om God te aanbid, volgens die leringe en voorbeeld van Jesus, die apostels en die Nuwe-Testamentiese Kerk (Genesis 2:2-3; Eksodus 20:8-11; 31:13-17; Levitikus 23:3; Jesaja 58:13; Hebreërs 4:4- 10; Markus 1:21; 2:27-28; 6:2; Handelinge 13:42-44; 17:2; 18: 4; Lukas 4:31).
Die Pasga
Ons glo daarin om die Nuwe-Testamentiese Pasga te hou teen die aand van die 14de van Abib, die herdenking van die dood van ons Verlosser (Levitikus 23:5; Lukas 22:13- 14).
Die Feeste van God
Ons glo in die aanbevole onderhouding van die sewe jaarlikse feeste wat deur God aan die antieke Israeliete gegee is; dit is gehou deur Jesus Christus, die apostels en die Nuwe-Testamentiese Kerk; en sal deur die hele mensdom onderhou word tydens Christus se duisendjarige heerskappy. Hierdie feeste openbaar God se verlossingsplan (Kolossense 2:16-17; 1 Petrus 1:19-20; 1 Korintiërs 5:8; 15:22-26; 16: 8; Jakobus 1:18; Eksodus 23:14- 17; Levitikus 23; Lukas 2:41-42; 22:14-15; Johannes 7:2, 8, 10, 14; Handelinge 2:1; 18:21; 20:16; Sagaria 14:16-21).
God se Voedselwette
Ons glo dat die vleis wat deur God as “onrein” in Levitikus 11 en Deuteronomium 14 aangegee word, nie geëet mag word nie.
Militêre Diens en Oorlog
Ons glo dat Christene volgens die gebooie van God verbied word om ’n menslike lewe, direk of indirek, te neem en dat die dra van wapens in stryd is met hierdie fundamentele geloof. Daarom glo ons dat Christene nie vrywillig betrokke moet raak in militêre diens nie. As hulle onwillekeurig militêre diens moet doen, glo ons dat hulle, volgens hulle gewete, moet weier om wapens te dra en sover moontlik weier om onder militêre gesag te wees. (Eksodus 20:13; Matteus 5:21-22; 1 Korintiërs 7:21- 23; Handelinge 5:29).
Beloftes aan Abraham
Ons glo in God se blywende geregtigheid. Daardie geregtigheid word getoon deur God se getrouheid in die vervulling van al die beloftes wat Hy vir die vader van die gelowiges, Abraham, gemaak het. Soos belowe, het God Abraham se direkte nasate vermenigvuldig sodat Abraham letterlik die “vader” van baie nasies geword het. Ons glo dat God, soos beloof, materiële voorspoed aan Abraham se direkte nasate, Isak en Jakob (wie se naam Hy later na Israel verander het) gegee het. Ons glo dat God deur Abraham se saad, Jesus Christus, verlossing beskikbaar stel vir die ganse mensdom ongeag fisiese afkoms. Verlossing is dus nie 'n reg van geboorte nie. Dit is vrylik beskikbaar aan almal wat God roep, en diegene wat as afstammelinge van Abraham beskou word, is dié van die geloof en erfgename volgens die beloftes. Ons glo dat die wete dat God hierdie fisiese beloftes aan Abraham en sy kinders vervul het, en nog steeds vervul, en dat Hy nou die geestelike beloftes deur Jesus Christus vervul, is van kritieke belang om die boodskap van die profete, en die wêreldkundige toepassing daarvan, te verstaan. (Psalm 111:1-10; Romeine 4:16; 9:7-8; Galasiërs 3:16; Genesis 32:28).
God se Plan vir die Mensdom
Ons glo dat God se plan met die mensdom is om diegene, wie Hy roep, en wie kies deur ’n lewe wat sonde te bowe kom, regverdige karakter ontwikkel en groei in genade en kennis, voor te berei om God se Koninkryk te besit en konings en priesters te word wat saam met Christus sal regeer met Sy wederkoms. Ons glo dat die rede vir die bestaan van die mensdom is om letterlik as geestelike wesens in die gesin van God gebore te word (Romeine 6:15-16; 8:14-17, 30; Handelinge 2:39; 2 Petrus 3:18; Openbaring 3:5; 5:10).
Die Kerk
Ons glo dat die Kerk daardie liggaam van gelowiges is wat die Heilige Gees ontvang het en daardeur gelei word. Die ware Kerk van God is 'n geestelike organisme. Die Bybelse naam is “die Kerk van God.” Ons glo dat die kerk se missie is om die evangelie (goeie nuus) van die komende Koninkryk van God aan alle nasies te verkondig as getuie en mense wat nou geroep word met God te versoen. Ons glo dat dit ook die opdrag van die Kerk van God is om die kinders van God te versterk, geestelik op te bou en op te voed in liefde en vermaning van ons Here Jesus Christus (Handelinge 2:38-39, 47; 20:28; Romeine 8:14; 14:19; Efesiërs 1:22-23; 3:14; 4:11-16; 1 Korintiërs 1:2; 10:32; 11:16, 22; 12:27; 14:26; 15: 9; 2 Korintiërs 1:1-2; 5:18-20; Galasiërs 1:13; 1 Tessalonisense 2:14; 2 Tessalonisense 1:4; 1 Timoteus 3:5, 15; Mark 16:15; Matteus 24:14; 28:18-20; Johannes 6:44, 65; 17:11, 16).
Tiendes
Ons glo aan tiendes as 'n manier om God met ons wese te vereer en as 'n manier om Hom te dien in die verkondiging van die evangelie, die sorg van die kerk, om die feeste by te woon en behoeftiges te help (Spreuke 3:9-10; Genesis 14:17-20; 1 Korintiërs 9:7-14; Numeri 18:21; Deuteronomium 14:22-29).
.
Die Opstandings en Ewige Oordeel
Ons glo dat die enigste hoop op ewige lewe vir sterflike mense die opstanding deur die inwoning van die Heilige Gees is. Ons glo dat met die wederkoms van Jesus Christus 'n opstanding tot ’n geestelike lewe sal plaasvind vir almal wat God se getroue knegte is. Ons glo dat, nadat Jesus vir 1000 jaar op die aarde regeer het, daar 'n opstanding tot die liggaamlike lewe sal wees van die oorgrote meerderheid van alle mense wat nog ooit geleef het. Ons glo dat nadat hierdie mense die geleentheid gehad om 'n fisiese lewe te lei, en as hulle bekeer sal word, hulle ook die ewige lewe sal ontvang. Ons glo ook dat diegene wat God se aanbod van verlossing verwerp, die ewige dood sal maai. (1 Korintiërs 15:19, 42-52; Handelinge 23:6; Johannes 5:21-29; Romeine 6:23; 8:10-11; 1 Tessalonisense 4:16; Esegiël 37:1-14; Openbaring 20:4-5, 11-15; Johannes 3:16; Matteus 25:46)..
Jesus Christus se Wederkoms en Komende Regering
Ons glo in die persoonlike, sigbare, voor-duisendjarige wederkoms van die Here Jesus Christus om oor die nasies op aarde te regeer as Koning van die konings en om voort te gaan met Sy priesterlike amp as Here van die here. Daar tydens sal Hy op die troon van Dawid sit. Tydens Sy 1000-jarige heerskapppy op die aarde sal Hy sal alle dinge herstel en die Koninkryk van God vir ewig vestig (Matteus 24:30, 44; Openbaring 1:7; 11:15; 19:16; 20:4-6;1 Tessalonisense 4:13-16; Johannes 14:3; Jesaja 9:7; 40:10-12; Hebreërs 7:24; Jeremia 23:5; Lukas 1:32-33; Handelinge 1:11; 3:21; 15:16; Daniel 7:14, 18, 27).